En | Af

My naam is Stephan. Ek werk met besigheidseienaars om ingewikkelde transaksies te vereenvoudig.

Benodig u hulp met ’n transaksie?

Kontak my
Stephan van Rooyen

Meer oor my


Hierdie webtuiste is die aanlyn-teenwoordigheid van Stephan van Rooyen. My spesialiteite is Samesmeltings en Verkrygings (oftewel S&V) en  Sakeontwikkeling (SO). Die afgelope twintig jaar het ek ’n reputasie verwerf as iemand wat wen-wen-transaksies kan ontwerp en kan deurvoer.

Waarde

Ek stel my werkgewers in staat om die risiko’s wat inherent aan ingewikkelde transaksies is te verminder, deur middel van beproefde prosesse, noukeurige administrasie, en ondersteunende kommunikasie met alle belanghebbendes.

Kundigheid

  1. Transaksiestrategie
  2. Transaksiestrukturering
  3. Finansiële modellering
  4. Besigheidswaardasies
  5. Omsigtigheidsprosesse
  6. Belangehouerskommunikasie
  7. Bestuursondersteuning
  8. Befondsingsaansoeke
  9. Transaksiebestuur
  10. Veranderingsbestuur

Tipes transaksies

Ek het kundigheid in die volgende soorte transaksies:

Samesmeltings en verkrygings (S&V) —

  1. Samesmeltings
  2. Verkrygings
  3. BBSEB
  4. Afwentelings
  5. Sakeverkope
  6. Herstrukturerings

Sakeontwikkeling (SO) —

  1. Groot rekeningverkrygings
  2. Groot tenders
Getuigskrifte

Kliënteprofiel

My werk is tipies vir ongenoteerde ondernemings met 'n jaarlikse omset van meer as ZAR 50 miljoen, wat transaksies van ZAR 35 miljoen of groter oorweeg in Suid-Afrika en sy buurlande.

Getuigskrifte

Getuigskrifte

“Ek het vir Stephan die afgelope twee jaar ingespan om vir ons 'n SEB-transaksie te fasiliteer. Hy was betrokke by elke fase van voor-haalbaarheid tot afsluiting. Met sy hulp het ons ’n waardasie van meer as dubbel ons aanvanklike raming behaal. Selfs beter, ons nuwe vennote voeg egte waarde toe, en hulle pas uitstekend in by ons kultuur.”

Avatar of Jaap van der Westhuizen

Jaap is die Uitvoerende Hoof van Cairo Holdings

“Stephan het ons gehelp om 'n ingewikkelde tender van meer as R3-miljard te wen. Sy omvattende ervaring, beproefde metodes en insigte was deurlopend van onskatbare waarde. Dit het ons gehelp om vastrapplek te kry en momentum te behou gedurende 'n besonder uitdagende bodontwikkelingsprojek. Ons beplan om hom in die toekoms by verskeie ander projekte te betrek.”

Avatar of Makhale Makhale

Makhale is die voorsitter van Dinatla Advisory Services

Kontak my

Ek stel altyd belang in interessante gesprekke! U kan my via die onderstaande vorm bereik. Ek sal so gou as moontlik met u in aanraking kom. Alternatiewelik kan u my ook via LinkedIn bereik.

TERUG NA BO | Kopiereg © 2000–2020 APS van Rooyen. Alle regte voorbehou.